Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 14:23

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie
5 dae
In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan, as hy die Bybel oopmaak en die Heilige Gees die geleentheid bied om rustigheid en vrede in jou hart te bring.

The Chosen + BibleProject: Reeks 3-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se derde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hier leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Gewaagde Geloof
7 Dae
Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy sal 'n meer oorspronklike, veerkragtige en waaghalsige geloof ontdek!

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God
7 dae
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Geloof Soos ’N Mosterdsaad
7 dae
Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle voorberei het. Bekende evangelis Angus Buchan neem jou op reis deur God se Woord in hierdie leesplan van sewe dae.

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Vaste Geloof
7 Dae
Angus Buchan daag jou uit om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel. Vertrou God en beur voort en jy sal in geloof kan vasbyt. Wanneer jy na daardie berg voor jou kyk en dink: “Ek sal nooit daaroor kom nie,” onthou dat God gesê het: “Ek is by jou” (Jesaja 41:10, NLV). Staan sterk en hou vas aan jou geloof!

Wie is Jesus? | Deel 7
7 Dae
In die vorige deel van die leesplan-reeks, WEES ‘n WENNER, het ons gekyk na wie is God. Nou gesels ons oor die mees "amazing" en "influential" mens wat al ooit geleef het. Ja, wonderlike, onbegryplike, liefdevolle Jesus. Hy was die "super" Onderwyser, die "Miracle Maker", Leier en Koning … en natuurlik die "Hero" van God se plan om elkeen van ons te red van ons sondes en "sometime" vir ewig met Hom te wees. Lekker lees!

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?