← Leesplanne
Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 18:1
Here, Ek Wil Sien!
7 dae
BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade vir my en jou strek sodat ons weer elke dag kan jubel en juig omdat Jesus Christus ons Here is en Hy die Een is wat ons geestesoë sal oopmaak!
Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.