Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 18:3

Here, Ek Wil Sien!
7 dae
BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade vir my en jou strek sodat ons weer elke dag kan jubel en juig omdat Jesus Christus ons Here is en Hy die Een is wat ons geestesoë sal oopmaak!

The Chosen en BibleProject: Reeks 1-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor die liefde en genade waardeur Jesus se vroeë openbare bediening gekenmerk is. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se eerste reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan verdiep jou begrip van Jesus se karakter en medelye met alle mense.
Oomblikke Van Inspirasie
10 dae
Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.