Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 2:16

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur God Verras Word. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis ten beste saam met ander onderneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Infinitum Gesin Advent, Week 3
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy in die Adventstyd in beweeg.

'n God Wat Getrou is
7 Dae
Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnspireer word om jou eie geloftes aan God na te kom.

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.