Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:16

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?
4 Dae
Jesus beskryf die identiteit en roeping van sy volgelinge in die bergprediking (Matteus 5:13-16). Hierdie verse beeld gelowiges uit as "sout van die aarde" en "lig vir die wêreld". Dit is metafore wat wys op invloed, teenwoordigheid en getrouheid in 'n wêreld wat geestelik donker en moreel vervalle is. Jesus maak dit duidelik dat sy dissipels nie net vir hulself leef nie. Hierdie vierdagleesplan sal jou help om die oorspronklike konteks van hierdie kort maar kragtige gedeelte beter te verstaan en ook hoe dit vandag nog op elke gelowige van toepassing is.

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Dinge wat saak maak
5 Dae
Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!

Leef Sigbaar
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan help jou om God se liefde prakties te leef: deur te gee, eerlik en sigbaar te dien, wysheid te beoefen in jou woorde, jou geloof te versterk en te vertrou op God, selfs in moeilike tye. Jy sal leer hoe om vrygewig, opreg en wys te wees, terwyl jy jou verhouding met God verdiep en sy teenwoordigheid elke dag ervaar.

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!
6 dae
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

The Chosen + BibleProject: Reeks 2-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se liefdevolle woorde en dade tydens sy openbare bediening. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se tweede reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Ontdek Jesus se kontrakulturele manier van liefhê, dink en dien, en waag om dieselfde te doen.

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!
7 dae
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.
Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings
4 Dae
Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddingsdienste en byeenkomste. Waarom sien ons dan nie 'n groter invloed op die kultuur nie? In hierdie vier-dag leesplan, gaan Dr. Tony Evans, die ware kerk bespreek en hoe dit ons kultuur ten goede kan beïnvloed.

Een Hart ─ Wees Een
7 Dae
In Johannes 17 bid Jesus nie net vir eenheid nie — Hy nooi ons om daarin te leef. ’n Eenheid wat begin met ons verhouding met God en die manier waarop ons liefhet, vergewe en saam met ander leef, verander. Hierdie 7-dae-reis help jou om die volgende stap te doen: om van ’n begrip van eenheid oor te gaan na om dit uit te leef. Terwyl jy bid, vra die Heilige Gees om jou hart te vorm, verhoudings te herstel en jou te lei na 'n dieper eenheid met Christus en sy mense.

Labour to Legacy 6: Invloed by die Werk
7 Dae
"Labour to Legacy" is 'n leesplanreeks wat ontwerp is om ons werk- en beroepslewe vanuit God se perspektief te sien. Sy oorspronklike plan was dat werk 'n seën moet wees, nie 'n las nie. Elke gelowige is uitverkies en geskape om deur betekenisvolle arbeid saam met God te werk – by die huis, werk of in die gemeenskap. Deur Koninkryksruil raak ons werk deel van ons aanbidding, lei ons harde werk tot 'n nalatenskap, en help ons roeping ons om ander rondom ons positief te beïnvloed. Hierdie is leesplan 6 uit 'n reeks van 6 leesplanne.

Labour to Legacy 5: Die siel van werk
7 Dae
"Labour to Legacy" is 'n leesplanreeks, ontwerp om ons werk- en beroepslewe vanuit God se perspektief te sien. Sy oorspronklike plan was dat werk 'n seën moet wees, nie 'n las nie. Gelowiges is uitverkies en geskape om deur betekenisvolle arbeid saam met God te werk – by die huis, werk of in die gemeenskap. Deur Koninkryksruil raak ons werk deel van ons aanbidding, lei ons harde werk tot 'n nalatenskap, en help ons roeping ons om ander rondom ons positief te beïnvloed. Hierdie is leesplan 4 uit 'n reeks van 6 leesplanne.

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.

Jou Vers Vir Die Dag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

Die Dissiplines van 'n Dissipel
10 Dae
Dissipelskap is nie ’n eenmalige emosie of reëls wat jy in eie krag nakom nie; dit is ’n radikale lewenswyse. In hierdie 10-dae leesplan help pastoor Riaan de Bruyn jou om die raserige wêreld te "mute." Deur treffende illustrasies — soos die GPS in die Karoo en die verskil tussen vars brood en geestelike knoffel — ontdek jy hoe die Heilige Gees jou van binne-af transformeer. Moenie op die wegspringlyn piekniek hou nie. Skakel oor na egte heiligmaking en integriteit, en word ’n kragtige "wandelende advertensie" vir die koninkryk van God.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

21 Dae Reis Van Geestelike Hernuwing
21 Dae
Ervaar geestelike hernuwing met 21 Dae Reis Van Geestelike Hernuwing. Hierdie leesplan bied daaglikse Skrifgedeeltes, verdiepende oordenkings, gebedsgidse, en praktiese aksie-items. Ideaal vir individuele groei, dieper geloof en persoonlike vernuwing. Ervaar 'n versterkte verhouding met God en hernude geestelike krag in 21 dae.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.