Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:20

Asemhalingsruimte
5 Dae
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudige uitnodiging bied God 'n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie leesplan sal jou wys hoe.

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.

Blaas Geestelike Passie In Jou Huwelik
7 Dae
In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe na ander te versprei.

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

Op Vaste Rots
7 dae
Ons staan almal dikwels voor skynbaar onmoontlike situasies. Dis dan wanneer ons God se perspektief nodig het! Ons kan Hom vra vir sy hulp, leiding en krag in enige situasie. Hy het belowe om ons te help en sy beloftes is ’n vaste rots waarop ons elke dag kan bou. Hierdie 7-dag-leesplan is geneem uit die sakpas-dagboek OP VASTE ROTS.

Veg Terug
10 Dae
Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar weer ander vyande waaroor God jou bemagtig om self oor te heers. Verlossing is wat God binne-in jou doen; heerskappy is wat Hy deur jou doen.

Integriteit
10 dae
Niks neem langer om te bou as ’n goddelike reputasie nie – en niks word vinniger vernietig deur ’n enkele misstap nie. Dit is hoekom jou integriteit bo enigiets anders beskerm moet word. Isak Burger praat eerlik en reguit oor integriteit en wat dit werklik vir gelowiges beteken, in hierdie 10 oordenkings saamgestel uit sy boek INTEGRITEIT.

Ek Wil Vry Wees!
11 Dae
Vandag is daar 'n groot uitroep: "Ek wil vry wees!" Mense dink egter nie aan die konsekwensies van vryheid nie. Daar is baie dinge waarvan mense vry wil wees: van God, seksuele beperkings, om te mag glo wat hulle wil en niemand te hê wat vir hulle sal voorskryf wat hulle moet en nie mag doen nie. Ek vertrou hierdie leesplan sal jou help.

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer Vreugde
14 Dae
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.