Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:34

#KiesDieLewe
4 dae
Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God is GROTER as jou donker en sal jou die moed en krag gee om God se plan vir jou uit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit #KIESDIELEWE.

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening
6 dae
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.

Vanuit Die Hart
7 dae
Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

7 dae van hoop om eetversteurings te oorkom
7 Dae
Eetversteurings word nie genoeg bespreek nie, dikwels verkeerd verstaan en word selde in samewerking met die Skrif en geloof genoem. Tog, alhoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp aanroer nie, kan ons nog steeds in die Skrif die nodige wysheid, waarheid en genesing vind. In hierdie 7-dag leesplan sal ons verken wat die Skrif sê, leer hoe ons eetversteurings kan oorkom en ons hoop op Jesus herontdek.

Oop Vir Die Hier En Nou
7 dae
Die meeste mense gaan deur die dag sonder om enige godsdienstigheid daaraan te koppel. Ons kan egter bewustelik leef sodat ons besef ons is voortdurend in die teenwoordigheid van die Ewige Een — in alles wat ons dink, doen en sê.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Vandag Se Woord
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer Vreugde
14 Dae
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.