Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 8:25

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Vreesloos In Die Geveg
7 Dae
Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

Vrede wat alle verstand te bowe gaan
7 dae
Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by God se voete te laat. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Wanneer ’n Geliefde Sterf
7 dae
Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.