Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 9:9
Tel jou woorde, want woorde tel
5 dae
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?
Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.
Hier Is Ek, Here
12 dae
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!