Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 12:30

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!
7 dae
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

Jou Identity | Deel 3
7 Dae
Wie is ek rêrig? Wow, dis 'n "serious" groot vraag. Hierdie 7-dagleesplan gaan jou help "discover" wat jou ware "identity" is. Jy sal sien dat geld, goeters en "image" nie jou waarde en identiteit uitmaak nie. Wat saak maak, is wat vir God tel, en dit is jou hart. Hy het jou "amazing" gemaak en met 'n wonderlike "purpose". Hy het jou ontsettend lief en sien jou "great" "potential" ─ sy kind wat al sy/haar talente en "values" uitleef vir 'n gelukkige lewe van geloof en omgee. Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek WEES ’n WENNER.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Markus
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.