Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 4:39

Die Evangelie van Markus met Francis Chan
5 dae
Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media en Francis Chan, vra Francis vir ons: “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?”

Hou Koers Deur Die Lewe Se Storms
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan neem jou op ’n reis deur die Bybel se bekendste storms. As jy self deur moeilike tye gaan, sal hierdie plan jou help om God se hand in die middel van die chaos te herken, jou hart te ondersoek, op sy Woord te bou en vas te hou aan Jesus, die Een wat die storms stuur, gebruik én stilmaak.

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg
6 Dae
Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom te volg en vissers van mense te maak. Die twee begrippe kan nie van mekaar geskei word nie.

Vreesloos In Die Geveg
7 Dae
Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

Kaalvoet Sielsgedagtes
7 Dae
Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.

