Gratis leesplanne en oordenkings oor NEHEMIA 1:4

Van trane tot oorwinning
3 Dae
Hierdie 3-dagleesplan, gebaseer op temas uit Genesing vir Elke Vrou deur Joyce Meyer, help jou om jou emosies te verstaan en God se doel daarin raak te sien. Dag 1 gee jou toestemming om eerlik te wees oor jou pyn, Dag 2 wys hoe Jesus jou help deur jou ervarings, en Dag 3 bring jou by jou ware identiteit in Christus. Dit is ’n pad van rou na herstel en uiteindelik na vryheid. Jy sal ontdek dat jou pyn nie die einde van jou storie is nie, maar deel van hoe God jou vorm.

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.

Die Goeie Werk
7 dae
Dis dalk nie vir jou moontlik om die hele wêreld te verander nie, maar jy kan jou deel daarvan verander. Wat is jou doel? Wat is jou verhaal? Wat wil God deur jou doen? Vind uit deur Nehemia se ondervindinge in hierdie nuwe Life.Church Bybelleesplan, wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Die Goeie Werke, vergesel.

Fokus Op Vas
7 dae
Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom dit waardevol vir alle Christene is om dit deel van hulle Christelike leefwyse te maak.
