Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 1:6
Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer Vreugde
14 Dae
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.
Perfek soos jy nou is
14 dae
Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities is oor jouself. Gee jou selfvertroue ’n hupstoot in 14 dae saam met Rolene. Hierdie plan is saamgestel uit Rolene Strauss se dagboek VANUIT DIE HART.
Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies
14 dae
Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar met sy leuens, vernietigende denkpatrone te konfronteer, 'n oorwinning te vind in die transformasie van jou denke, krag te kry, aanmoediging en die belangrikste, oorwinning oor elke geveg in jou gedagtes.
Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is
14 dae
“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste keer my vertroue in Hom geplaas het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie.” Deel Angus Buchan se vertroue-reis in 14 oordenkings uit sy dagboek ’N MOSTERDSAAD.
Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.