Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 2:3

KOSBAAR — Respek en Eer
5 dae
Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en riller, en sluit 'n daaglikse video van die groep sowel as 'n oordenking met vrae in om daaroor as 'n groep of individueel na te dink.

Wees Doelgerig In Jou Huwelik
5 Dae
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot, sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.

As ek weer kon sê
5 Dae
By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.

The Chosen + BibleProject: Reeks 2-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se liefdevolle woorde en dade tydens sy openbare bediening. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se tweede reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Ontdek Jesus se kontrakulturele manier van liefhê, dink en dien, en waag om dieselfde te doen.

Wat is volgende: Studente Uitgawe
7 Dae
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te Maak
7 Dae
Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe ons dinge hierdie jaar beter as die vorige jaar kan doen — maniere om onsself, ons verhoudings en ons ervaring van God te verbeter. Hier is sewe maniere om meer soetigheid in die komende jaar by jou lewe te voeg.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

Wat Van Uitgaan?
7 dae
Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verhoudinge praat. Jy mag jou dalk verbaas oor hoeveel Hy te sê het.

In Hom Is Ek Sterk
7 dae
Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
