Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 2:6

Pasop vir Trots: Kies Nederigheid
3 Dae
’n Meerderwaardige houding kan subtiel insluip — deur trots, vergelyking of selftwyfel. In hierdie leesplan word ons deur Paulus, Petrus en Jesus self herinner dat alles wat ons het en is, genade is. Ware geestelike volwassenheid word nie gemeet aan status, prestasie of agtergrond nie, maar aan ’n nederige hart wat bereid is om ander te dien. Hierdie drie dae help jou om jou gesindheid eerlik te ondersoek, trots te herken (ook waar dit vermom is), en doelbewus onder God se kragtige hand te buig sodat Hy jou op sý tyd kan verhoog.

Waarom het Jesus aarde toe gekom?
4 Dae
Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama Fortner
5 Dae
Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.

The Chosen + BibleProject: Reeks 2-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se liefdevolle woorde en dade tydens sy openbare bediening. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se tweede reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Ontdek Jesus se kontrakulturele manier van liefhê, dink en dien, en waag om dieselfde te doen.

Wat is volgende: Studente Uitgawe
7 Dae
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.