Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:11

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Tyd om te kyk hoe jy lyk
5 dae
Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, my hart en gees? Hoe lees ander mense my en wat kies ek om "aan te trek"?

Tydelik
5 Dae
Het jy geweet? Elke persoon op aarde het ‘n vervaldatum. Op supermarkte se rakke kan ons elke produk se vervaldatum sien. Die produkte is tydelik op die rak. Ons weet egter nie wanneer dit óns beurt is nie. Ek en jy is tydelik op aarde. Wat doen ons in ons tydelikheid? Die beste van alles is dat probleme en uitdagings ook tydelik is, elkeen ook met sy eie vervaldatum!

Oop Vir Die Hier En Nou
7 dae
Die meeste mense gaan deur die dag sonder om enige godsdienstigheid daaraan te koppel. Ons kan egter bewustelik leef sodat ons besef ons is voortdurend in die teenwoordigheid van die Ewige Een — in alles wat ons dink, doen en sê.

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir Enkellopendes
14 Dae
Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.