Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:19

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

Maak oop jou geskenk
7 Dae
Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie

Daaglikse Gedagte
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
Hoop Vir ’n Nuwe Dag
14 dae
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.