Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 18:21

Wie Braai Jou Wors?
3 Dae
Die meeste mans hou van braai. Hoe goed braai jy egter geestelik die vleis in jou huis? Meer spesifiek, van wie verwag jy as pa om jou seunskind van manlikheid te leer? Hierdie Bybelstudie trek die treffende parallel tussen hoe om lekker te braai en jou seun vir die lewe voor te berei.

Bevryding van Vergelykings
5 Dae
Deur middel van hierdie 5-dag leesplan, Bevryding van Vergelykings, gee skrywer Nona Jones praktiese insig en eenvoudige bemoediging om jou te help om op te hou om jou met ander te vergelyk en eerder 'n bevrydende, vreugdevolle lewe na te jaag — om met selfvertroue te leef en te weet wie God jou geskep het om te wees. Jy kan die boek "Killing Comparison" te koop kry as jy die volle vrymakingsreis wil meemaak.

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

Ons Ritme
7 Dae
Ken jy daardie paartjies wat lyk of hulle werklik floreer? Die gelukkiges nog steeds vreeslik verlief ná dekades? Soos dit blyk, is daardie soort huwelik nie net vir 'n paar uitgesoektes bedoel nie. Die gesondste huwelike deel 'n vernuwingsgeheim: doelbewuste ritmes. Chris en Jenni Graebe nooi jou om te ontdek wat daardie kernritmes is en die resultate wat dit op jou verhoudings kan hê terwyl jy dit beoefen.

Nogtans sal ek
11 Dae
Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

Die DNS Van Potensiaal
7 Dae
Stop. Kyk. Ervaar. Dit is die verskil tussen middelmatigheid en jou roeping. Agter die alledaagse sien jy 'n see van moontlikhede – jou eie, Godgegewe potensiaal. Jy is uniek, met talente wat net aan jou toevertrou is. Jy kan 'n baanbreker, 'n sportheld, of selfs die president word! Jy is nie geskape om middelmatig te wees nie. Die vraag is: Wat gaan jy met hierdie geskenk doen? Ons ontleed die DNS van Potensiaal deur stil te staan by spesifieke areas: van spesiale waarde tot die teruggee van jou geskenk. Staan elke dag stil en aktiveer die volheid van jou roeping!

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.