Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 22:6

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontdek, jou passie te herstel en jou droom na te streef) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Jean Keys se “Leef jou roeping”.

Pa’s en seuns
5 dae
God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees, asook ’n voorbeeld vir hulle seuns. Angus Buchan moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester, en terselfdertyd ook seuns om hul verhouding met hulle pa te koester. So word ’n belangrike gesinsband versterk, wat ’n groot impak het op die wyer samelewing.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou Atleet
12 Dae
Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.