Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 131:1

Lydenstydgids vir Jong Volwassenes - Wys My die Weg
7 Dae
Jong volwassenes word ook uitgenooi om hierdie gids weekliks gedurende die Lydenstyd te gebruik. Lydenstyd is ’n 40-dae-reis waarin ons doelbewus stadiger beweeg, Jesus op sy pad na die kruis volg en ruimte maak vir God se teenwoordigheid. Dit is ’n tydperk om waar te neem wat in ons innerlike wêreld aangaan, om God te vertrou wanneer die lewe moeilik of verwarrend voel, en om te onthou dat Hy altyd by ons is – selfs in die “tussen-in” oomblikke.

Oorvloedige Lewe in Die Pelgrims Psalms
15 Dae
Die uitnodiging na die Oorvloedige Lewe is sentraal tot God se plan en belofte vir die mensdom. Die Bybel is gevul met ryk beelde van die vervullende lewe wat God ons bied in Jesus – ‘n lewe van vrede en vreugde. Maar hoe floreer mens in ‘n wisselvallige wêreld? In hierdie eerste leesplan in die reeks kyk ons hoe Israel deur die eeue getroue getuies van die verbond van vrede was. Die Pelgrims-Psalms (120-134) was sentraal tot hul geloof en essensieel vir hul identiteit as die volk van God. Hierdie gebede bied vandag steeds so baie krag en hoop.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.