Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 16:11

Eerste: Ontdek die Wonder van Eerste Liefde
4 Dae
Is Jesus nog jou Eerste Liefde? Wanneer Christus ons Eerste Liefde is, vind dit uitdrukking in ons prioriteite, ons weeklikse ritmes en ons daaglikse wandel. Ontdek weer die wonder om Hom eerste te stel.

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te Maak
7 Dae
Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe ons dinge hierdie jaar beter as die vorige jaar kan doen — maniere om onsself, ons verhoudings en ons ervaring van God te verbeter. Hier is sewe maniere om meer soetigheid in die komende jaar by jou lewe te voeg.

’n Lewenspad vol vreugde
7 dae
Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks te fokus op God se teenwoordigheid en die vreugde wat jy in Hom kan vind.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.

10 Gebede vir donker dae
10 Dae
Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.