Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 16:8

Altyd
5 Dae
Altyd. Wat is die ware betekenis van dié woord? As jy die sleutelbord nader trek en begin soek, sal jy die volgende vind: oneindig, aaneenlopend, sonder ophou, vir ewig en geen onderbreking nie. In ons daaglikse lewens is daar tye van vreugde en lewenslus, maar ook van hartseer, onsekerheid, spanning en vrees. Te midde van hierdie wisselende seisoene herinner die Bybel ons telkens daaraan dat God altyd met ons is, dus aaneenlopend, sonder ophou, geen einde daaraan nie. Hierdie waarheid bring diepe vertroosting, hoop en 'n gevoel van veiligheid. Nou en vir altyd!

Kersfees in Psalm 16: Volmaakte Vreugde
5 Dae
Psalm 16 openbaar die hart van Jesus — ons Here, ons vreugde, ons erfenis en ons opstanding. Hierdie 5-dag Kersfeesleesplan nooi jou om saam met Hom die pad van die lewe te stap en die volheid van vreugde in sy teenwoordigheid te ervaar.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Gedagte Vir Die Dag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier punte en `n gebed. Ons hoop elke dag se boodskap is vir jou soos vars manna van die Here af.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer Vreugde
14 Dae
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.