← Leesplanne
Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 18:6

Gebede wat God altyd verhoor
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...
7 dae
Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy juis dáár is om my deur te help. Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.