Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 23:2

Sekerheid
4 dae
God wil hê jy moet WEET dat jy gered is en hemel toe sal gaan! Vertroue groei deur jou ontmoeting met God en oordenking van sy Woord. As jy die volgende verse memoriseer, kan dit jou help om vir die res van jou lewe 'n vaste vertroue in God te hê. Herskep jou lewe deur verse te memoriseer! Vir 'n omvattende stelsel, besoek http://www.MemLok.com

Asemhalingsruimte
5 Dae
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudige uitnodiging bied God 'n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie leesplan sal jou wys hoe.

Rus in Hom
5 dae
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

Dagstukkies vir besige vroue
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

Dis Tyd!
7 dae
Die lewe bied talle uitdagings wat 'n mens nie aldag verstaan nie. Maar om heeltyd daarop te fokus, is nie gesond nie. Ons kan vorentoe beweeg, tree vir tree - dis tyd!

’n Lewe van gebed
7 dae
“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.
In Die Stilte Van Die Môre
10 dae
Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church
