Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 25:5

Op arendsvlerke
4 dae
Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Vind nuwe krag en sterkte in God se beskerming saam met Johan Smit met hierdie 4-dag-plan, saamgestel uit sy bundel OP ARENDSVLERKE.

’n Nuwe Begin
7 dae
Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe begin. En onthou dat God elke tree van jou lewe saam met jou is. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N NUWE BEGIN deur Carolyn Larsen.

’n Paasfees vol hoop
7 dae
Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota! Stephan Joubert wil jou aanmoedig om Jesus se kruis te dra wat lewe en hoop gee vir dié om jou.