Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 27:4
Die Ontmoeting
3 dae
Vas help ons geestelike lewe om vooruit te gaan en die Skrif moedig hierdie gebruik aan. Dié tyd waarin jy jou liggaam iets fisiek ontsê, bevorder jou geestelike groei en gee jou die geleentheid om Jesus se nabyheid te ervaar. In hierdie leesplan wil Gretchen Rodriguez jou help om jou hart op ’n reis te neem van heilige ontdekking terwyl jy vas en God soek.
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
4 dae
"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van dinge en die lewe se ingewikkeldheid, lei net tot uitstel en afstel. Eenvoud en fokus lei tot sukses en helderheid van verstand. Hierdie vierdag-oordenking wys vir jou hoe om by die kern van jou voorneme uit te kom. Dit help jou om 'n "EEN WOORD"-visie vir die hele jaar te kry om op te fokus.
Gryp Die Rooi Foon!
5 Dae
Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.
Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed
7 dae
Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.
Wat is My Doel? Leer om God Lief te hê en Ander Lief te hê
7 Dae
Verken jou doel as 'n volgeling van Jesus: om God en ander lief te hê. Oor die verloop van sewe dae sal ons die temas van persoonlike aanbidding, herskepping, ontferming, diens en geregtigheid ontgin. Elke sessie begin met 'n gebed om jou te help om op die dag se tema te fokus, een of twee gedeeltes uit die Skrif, 'n gedagte vanuit 'n teologiese perspektief, en maniere om die leesstuk toe te pas en daarop te reageer.
Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.
Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.