Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 31:3

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

Lydenstydgids vir Jong Volwassenes - Wys My die Weg
7 Dae
Jong volwassenes word ook uitgenooi om hierdie gids weekliks gedurende die Lydenstyd te gebruik. Lydenstyd is ’n 40-dae-reis waarin ons doelbewus stadiger beweeg, Jesus op sy pad na die kruis volg en ruimte maak vir God se teenwoordigheid. Dit is ’n tydperk om waar te neem wat in ons innerlike wêreld aangaan, om God te vertrou wanneer die lewe moeilik of verwarrend voel, en om te onthou dat Hy altyd by ons is – selfs in die “tussen-in” oomblikke.

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies
8 dae
Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.

Gebede Om Jou Hart Te Seën
10 dae
Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.