Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 34:18

Oorweldig deur My Seëninge (Deel 5)
5 Dae
Aanmoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die verhaal te kan vertel. Deel vyf van 12 in hierdie leesplanreeks deur Robin Meadows!

God Is Naby Jou Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner dat God altyd naby hulle is, en wil hulle aanmoedig om Hom in gebed te soek. Elke dag bevat gedagtes oor God se teenwoordigheid in hul alledaagse lewe, en eindig met ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek, “God is naby jou - 90 dae van bemoediging."

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Wanneer Alles Blou Is
7 dae
Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde Mans
7 Dae
God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken nie, kan hulle nie deur Christus se voorbeeld lei nie. Hierdie toewyding sal sewe effektiewe gebede verskaf wat vrouens vir hul ongeredde mans kan bid sodat hulle tot die kennis van God se waarheid kan kom.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies
8 dae
Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou Atleet
12 Dae
Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.