Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 37:3

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer
5 dae
Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor vertroue in God en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Joyce Meyer se “Onwrikbare vertroue”.

Ons Ritme
7 Dae
Ken jy daardie paartjies wat lyk of hulle werklik floreer? Die gelukkiges nog steeds vreeslik verlief ná dekades? Soos dit blyk, is daardie soort huwelik nie net vir 'n paar uitgesoektes bedoel nie. Die gesondste huwelike deel 'n vernuwingsgeheim: doelbewuste ritmes. Chris en Jenni Graebe nooi jou om te ontdek wat daardie kernritmes is en die resultate wat dit op jou verhoudings kan hê terwyl jy dit beoefen.

Verhoudingsafsprake
7 Dae
Wat het God te sê oor ʼn verhoudingsafspraak? Hierdie sewedae plan sal jou ʼn Bybelse perspektief gee, met ʼn kort gedeelte om elke dag te lees. Lees die gedeelte, neem die tyd om dit eerlik op jou situasie te laat weerspieël en laat God toe om in jou hart te praat.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.