Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 40:8

Lydenstydgids vir Jong Volwassenes - Wys My die Weg
7 Dae
Jong volwassenes word ook uitgenooi om hierdie gids weekliks gedurende die Lydenstyd te gebruik. Lydenstyd is ’n 40-dae-reis waarin ons doelbewus stadiger beweeg, Jesus op sy pad na die kruis volg en ruimte maak vir God se teenwoordigheid. Dit is ’n tydperk om waar te neem wat in ons innerlike wêreld aangaan, om God te vertrou wanneer die lewe moeilik of verwarrend voel, en om te onthou dat Hy altyd by ons is – selfs in die “tussen-in” oomblikke.

Krag Vir Elke Dag
14 dae
Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.