Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 42:1

Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.

Soek in Sewe
7 Dae
Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roeping. Gedurende die volgende sewe dae sal ons God in 'n omgewing soek waarin jou aandag nie afgelei word nie, en waar jy nader aan Hom gaan kom as wat jy ooit gedink het moontlik is.

Die deur is toe; wat nou?
7 Dae
Soms kom ons voor daardie spreekwoordelike "Toe Deur" te staan. Wat moet ons doen as dit vir ons voel God hoor ons nie? Die verhaal van die verlamde man wys ons daarop dat die toe-deur-oomblikke eintlik die begin kan wees van wonderlike deurbrake.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.