Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 42:6

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie
5 dae
Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ook al kom.

Hoop vir elke dag
7 dae
Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.

Here, dis ek hierso!
7 dae
Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul met sy krag as jy na Hom toe kom. Hy kan selfs meer gee as wat jy vra. Roep Hom! Hy sien jou raak.

Die deur is toe; wat nou?
7 Dae
Soms kom ons voor daardie spreekwoordelike "Toe Deur" te staan. Wat moet ons doen as dit vir ons voel God hoor ons nie? Die verhaal van die verlamde man wys ons daarop dat die toe-deur-oomblikke eintlik die begin kan wees van wonderlike deurbrake.

Woord Vir Vandag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.