Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 51:1

Handelinge Van Bekering
5 Dae
Bekering is die belangrikste besluit wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort toewyding wat ontwikkel is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is.

Seën vir jou siel
7 dae
Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

Prioriteit nommer één
7 dae
Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!