Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 51:3
![Handelinge Van Bekering](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F160%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Handelinge Van Bekering
5 Dae
Bekering is die belangrikste besluit wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort toewyding wat ontwikkel is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is.
![Heling deur...](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F29215%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Heling deur...
6 Dae
… ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is …2 Joh 1:2. Almal het genesing nodig en is op ‘n reis na heling. Die doel van die reeks is om in kontak te kom met ons eie gebrokenheid en siek-wees en te draai na Jesus as ons Geneesheer.
![Seën vir jou siel](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F22624%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Seën vir jou siel
7 dae
Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.
![Prioriteit nommer één](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F45870%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Prioriteit nommer één
7 dae
Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!
![Sewe Tekens van Wandel in die Heilige Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F21311%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sewe Tekens van Wandel in die Heilige Gees
10 Dae
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.