Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 51:3

Handelinge Van Bekering
5 Dae
Bekering is die belangrikste besluit wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort toewyding wat ontwikkel is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is.

Heling deur...
6 Dae
… ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is …2 Joh 1:2. Almal het genesing nodig en is op ‘n reis na heling. Die doel van die reeks is om in kontak te kom met ons eie gebrokenheid en siek-wees en te draai na Jesus as ons Geneesheer.

Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom
7 Dae
Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, geleer het om blymoedig te ly. In hierdie kort oordenking bid ek dat jy sal besef dat jou storie nog nie klaar is nie. Jy mag dalk nou ly, maar jy kan leer om blymoedig te ly. In plaas daarvan om vasgevang te word in “Hoekom?”-vrae, kan jou vraag eerder “Wat is volgende?” wees. Jy kan veerkragtig word.

Seën vir jou siel
7 dae
Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

Prioriteit nommer één
7 dae
Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!

Een Hart ─ Wees Een
7 Dae
In Johannes 17 bid Jesus nie net vir eenheid nie — Hy nooi ons om daarin te leef. ’n Eenheid wat begin met ons verhouding met God en die manier waarop ons liefhet, vergewe en saam met ander leef, verander. Hierdie 7-dae-reis help jou om die volgende stap te doen: om van ’n begrip van eenheid oor te gaan na om dit uit te leef. Terwyl jy bid, vra die Heilige Gees om jou hart te vorm, verhoudings te herstel en jou te lei na 'n dieper eenheid met Christus en sy mense.

Sewe Tekens van Wandel in die Heilige Gees
10 Dae
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.