Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 62:2

Waar die hart van vol is
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Die Lig Op My Pad
7 dae
Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.
