Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 63:2

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

God se Woord vir jou
7 dae
“Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat al ooit gedruk is” (Patrick Henry). Charles Swindoll wys jou hoe om die waarhede in dié belangrike Boek jou eie te maak en in jou lewe toe te pas. Jy sal daagliks geestelik verryk word wanneer jy leer om die ewige waarhede van die Woord te verstaan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GOD SE WOORD VIR JOU.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.