Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 19:16

GAAN JY HOM MIS?
5 Dae
Yeshua kom terug! Die onvermydelike terugkeer van Yeshua is 'n waarheid wat ons binne die dieptes van ons wese moet koester. Dit is 'n idee wat deur ons siele weergalm, en weergalm in die kamers van ons gees. Die heilige tekste spoor ons aan om die verantwoordelikheid van gereedheid te dra, en herinner ons daaraan dat dit op ons rus om waaksaam te wees vir sy terugkoms. Wie in die Bybel het al vir Yeshua gewag? Wat doen ons totdat Hy terugkeer? Wat is ons verwagting? Sluit by ons aan op hierdie grootse avontuur!

Geregtigheid in Christus
5 Dae
Jimi le Roux herinner ons dat ons te verlore is om onsself te red, te sondig om “regverdig” genoem te word. God moet ons red. Hy doen dit dan aan die kruis deur Jesus Christus. Christus het gekom om aan die kruis soos ’n vervloekte te sterf. Dis óns vloek wat Hóm op die kruis getref het. Omdat Christus ons vloek gedra het, kan ons nou God se seën beleef. Hý is ons geregtigheid en ons redding is altyd, altyd genade!

Die Priesterskap
8 dae
Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.