Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 1:20

God is aan jou kant deur Nina Smit
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op die positiewe en om altyd dankbaar te lewe) en sluit ’n toepaslike gebed en Bybelvers in. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “God is aan jou kant”.

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

Die Gewoonte van Dankbaarheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan skets eenvoudige gewoontes wat jou tot 'n lewe van dankbaarheid kan lei. Of dit nou is om ons tonge te oefen om dankie te sê, of om daaglikse gewoontes van groter dankbaarheid aan te leer — hierdie leesplan sal jou bewustheid van die welwillendheid om jou 'n hupstoot gee en jou help om 'n lewe van dankbaarheid te lei.

Oop Vir Die Hier En Nou
7 dae
Die meeste mense gaan deur die dag sonder om enige godsdienstigheid daaraan te koppel. Ons kan egter bewustelik leef sodat ons besef ons is voortdurend in die teenwoordigheid van die Ewige Een — in alles wat ons dink, doen en sê.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Bible Basics: Om God te ken
9 Dae
Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.

Tel die dae af tot by Kersfees
29 Dae
Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!