Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 10:11

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Jesus het vir jou gedoen wat jy nie vir jouself kan doen nie
5 Dae
God begeer om met alle mense in 'n verhouding te staan. En die goeie nuus is dat Jesus Christus alles gedoen het wat nodig is, sodat dit moontlik kan wees. In hierdie 5-dagleesplan skenk ons aandag aan God se liefde, Jesus se verlossingswerk aan die kruis, sy opstanding uit die dood en die uitnodiging om ware lewe in Hom te vind. Hoe gaan jy reageer op hierdie uitnodiging wat ewige nagevolge sal hê?

Wat is volgende: Studente Uitgawe
7 Dae
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Bible Basics: Om God te ken
9 Dae
Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.