Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 12:6

Inspirasie-oomblikke
7 dae
Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebruik! Lindie Strydom deel in hierdie 7-dag-plan die wysheid en inspirasie wat sy in die lewe leer. Dit sal jou aanspoor om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak. Hierdie inspirerende oordenkings is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE.

Ware Spiritualiteit
7 dae
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap
9 dae
COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en aanbidding te gaan bring. Bybelse gemeenskap is egter hoe God se hart klop en wat Hy graag vir ons wil hê.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.