Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 3:23

Deel genade uit!
4 Dae
Ontdek hoe God se reg en genade jou lewe kan vorm in hierdie 4-dag-leesplan. Van die hemelse hof waar God regspraak lewer, tot die konkrete roep om tyd, spasie en diens in die wêreld, leer hoe jy onskuldig kan wees in sy oë, jou lewe aan Hom kan toewy, en ’n antwoord kan wees op ander se nood. ’n Praktiese en geestelik voedende pad vir elke gelowige.

Dit is tyd
5 Dae
Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoorsaamheid van een man duisende lewens aangeraak het, spreek van God se wonderbaarlike krag en wat ons kan vermag as ons God se Naam aanroep. Hierdie 5-dag-plan is ’n uittreksel uit DIT IS TYD deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy www.cumbooks.co.za/

Dit is afgehandel!
5 Dae
Jy kan dit nie koop nie, jy kan dit nie verdien nie... Waarvan praat ons? Ons praat oor verlossing. Jesus het ons almal se skuld betaal toe Hy aan die kruis op Golgota gesterf het. Die laaste ding wat Hy gesê het, was: “Dit is nou afgehandel!” (Johannes 19:30, NLV). Angus Buchan kom herinner ons vandag dat ons ons verlossing gratis ontvang het en dat ons skuld betaal is. Al wat ons moet doen, is om dankie te sê en om vir ander van Jesus te gaan vertel.

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper
6 Dag
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!
6 dae
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

Kruis & Kroon
7 Dae
Heelwat van die Nuwe Testament is geskryf sodat ons Jesus Christus kan ken; die verlossing wat Hy deur sy kruisdood en die belofte van sy opstanding verseker het. In hierdie leesplan besin dr. Charles Stanley oor die kosbare bloed van Jesus, die opstanding en die gawe van die ewige lewe wat namens jou verseker is. Sluit by hom aan om die prys wat Jesus betaal het te onthou en die diepte van die Vader se groot liefde te vier.

Bybel Vir Kinders
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

Bible Basics: Om God te ken
9 Dae
Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.

Genadejaar
10 dae
God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.