Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 6:23

Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se Leesplan
5 Dae
Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie vyf-dag leesplan, kan jy kyk na videos van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater, Matt Forte and Demario Davis. Hulle bespreek onderwerpe soos die daaglikse verkwikking uit God se Woord, gebed, redding, doop en die moed om ander van Jesus te vertel. Die videos sluit ook daaglikse oordenkings in, deur die outeur en spreker, Randy Alcorn. Dis vir ons lekker om hierdie oordenkings aan jou te bied. Besoek gerus www.SportsSpectrum.com vir verdere sport- en geloofsinhoud.

Waarom Jesus?
5 dae
Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit Nicky Gumbel se boek, Why Jesus, sal jy antwoorde kry oor Jesus se identiteit, waarom hy aarde toe gekom het om te sterf en waarom ons hom so desperaat nodig het.

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper
6 Dag
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Nuwe Lewe
12 dae
Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worstel: Wie is Jesus? Wat beteken dit om wedergebore te wees? Wat is die groot doop? Wat is die doping in die Heilige Gees? Weerspreek wetenskap die Bybel? En baie meer.

Geanker in genade
12 dae
God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.