Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:39

Skeppingsdoel van die Mens
3 Dae
Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.

Breedvoerige Leierskap
4 dae
'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons Bybelse waarhede en praktiese wenke oor leierskap hersien wat jou sal uitdaag, toerus en bemoedig, terwyl jy bou aan 'n fondament van vertroue in 'n God wie se krag groter as enige uitdaging is wat oor jou pad mag kom.

Advent: Herontdek Kersfees in die Chaos
4 Dae
Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees in die Chaos", die Adventtemas in die Skrif en oordenkings wat ten doel het om ons voor te berei om weg te tree van die vakansietydperk se chaos en waarlik Jesus se geboorte te vier!

Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur Gevangenes
4 Dae
Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. Binne in die bladsye is daar dinamiese karakters vol van moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voormalige gevangenes wat die oordenkings geskryf het wat jy nou gaan lees. Ons hoop dat jy aangemoedig en geïnspireer sal word deur die stemme van die kerk agter die tralies. Mag hulle getuienisse ons almal vry maak.

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en Selfsorg
5 Dae
Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets so onbekend soos die koms van 'n pasgeborene. Berei prakties en geestelik voor om te verseker dat jy gedurende een van die mooiste, maar ook moeilikste tydperke van jou lewe gedy, en dit ten volle geniet.

ENFC Music - Vredevors Dagstukke
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Identiteit | Wie is God? (Tieners)
5 Dae
In hierdie leesplan gaan ons op 'n reis om die geraas van die wêreld stil te maak en terug te keer na die plan van ons Maker. Ons gaan ontdek dat jou identiteit nie iets is wat jy moet skep of verdien nie, maar iets is wat jy moet ontvang.

Hoekom Is God Lief Vir My?
5 Dae
Ons almal het vrae oor God. Ons huidige kultuur is baie daarop toegespits om onsself met ander te vergelyk. Een van die mees persoonlike vrae wat ons vra is: “Hoekom is God lief vir my?” Of dalk “Hoe is dit moontlik dat God my kan liefhê?” Deur die loop van hierdie leesplan sal jy met 26 Skrifgedeeltes te doen kry—elkeen gaan handel oor God se onvoorwaardelike liefde vir jou.

Ewige Sekerheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Jesus: Ons Oorwinningsbanier
7 Dae
Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al die daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfeesweek kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.

Bid Moedige Dinge
7 dae
Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedige gebede. Hierdie week gaan ons leer om moedig te bid en in afwagtig te sien hoe God ons gebede beantwoord. Die ongewoonheid lê nie in God se beantwoording van moedige gebede nie, maar in ons vraag na moedige gebede.

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

Ware Spiritualiteit
7 dae
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

7 dae van hoop om eetversteurings te oorkom
7 Dae
Eetversteurings word nie genoeg bespreek nie, dikwels verkeerd verstaan en word selde in samewerking met die Skrif en geloof genoem. Tog, alhoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp aanroer nie, kan ons nog steeds in die Skrif die nodige wysheid, waarheid en genesing vind. In hierdie 7-dag leesplan sal ons verken wat die Skrif sê, leer hoe ons eetversteurings kan oorkom en ons hoop op Jesus herontdek.

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Kom saam, Jesus roep jou
7 Dae
Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

Afwagtend - 'N Lewe Gevul Met Wonderwerke
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
10 dae
Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Ek Kies
12 Dae
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.