Gratis leesplanne en oordenkings oor TITUS 2:11

Titus
6 dae
Hierdie brief is aan 'n jong pastoor lys 'n kontrakulturele "wie's-wie by die kerk" en beskryf hoe alle tipe mense mekaar kan dien en liefhê. Reis daagliks deur Titus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis
29 Dae
Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.