Gratis leesplanne en oordenkings oor SAGARIA 9:10

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier
8 dae
Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Sagaria
23 dae
Die profeet Sagaria deel visioene van God se beloftes om mense 'n hoop van die toekoms te gee en spoor hulle aan om na God terug te keer. Reis daagliks deur Sagaria terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.