1
FILIPPENSE 4:6
Nuwe Lewende Vertaling
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.
Vergelyk
Verken FILIPPENSE 4:6
2
FILIPPENSE 4:7
En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.
Verken FILIPPENSE 4:7
3
FILIPPENSE 4:8
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.
Verken FILIPPENSE 4:8
4
FILIPPENSE 4:13
Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.
Verken FILIPPENSE 4:13
5
FILIPPENSE 4:4
Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”
Verken FILIPPENSE 4:4
6
FILIPPENSE 4:19
Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.
Verken FILIPPENSE 4:19
7
FILIPPENSE 4:9
En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.
Verken FILIPPENSE 4:9
8
FILIPPENSE 4:5
Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort!
Verken FILIPPENSE 4:5
9
FILIPPENSE 4:12
Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort.
Verken FILIPPENSE 4:12
10
FILIPPENSE 4:11
Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom.
Verken FILIPPENSE 4:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's