1
ROMEINE 14:17-18
Nuwe Lewende Vertaling
As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daarom dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk. As jy Christus met hierdie gesindheid dien, maak jy God gelukkig en die mense rondom jou sal jou respekteer.
Vergelyk
Verken ROMEINE 14:17-18
2
ROMEINE 14:8
As ons leef, leef ons mos vir die Here, en as ons sterf, sterf ons vir Hom. Of ons dan lewe of sterwe, ons is volkome sy eiendom.
Verken ROMEINE 14:8
3
ROMEINE 14:19
Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.
Verken ROMEINE 14:19
4
ROMEINE 14:13
Daarom, kom ons neem ons voor om so op te tree dat ons nie ons medegelowiges sal laat struikel of dinge vir hulle moeilik maak nie.
Verken ROMEINE 14:13
5
ROMEINE 14:11-12
Die Skrif sê mos: “So seker as Ek lewe,” verklaar die Here, “elke knie sal voor My buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor ons eie doen en late voor God verantwoording moet doen.
Verken ROMEINE 14:11-12
6
ROMEINE 14:1
Julle moet medegelowiges met ’n sensitiewe geloofsbelewing aanvaar sonder om hare te kloof oor hulle oortuigings.
Verken ROMEINE 14:1
7
ROMEINE 14:4
Wie gee jou die reg om oor iemand anders se huiswerker te oordeel? Dit is vir elkeen se eienaar om te besluit of hy die toets slaag of nie. Hy sál egter slaag, want die Here is magtig om hom te láát slaag.
Verken ROMEINE 14:4
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's