Die Here was kwaad vir die mense van die stad Tirus en Hy het teen hulle gepraat.
Manne op die skepe van Tarsis,
julle moet huil,
want Tirus is verwoes.
Daar is nie meer huise nie
en daar is nie meer 'n hawe
vir die skepe nie.
Julle het dit gehoor
toe julle teruggekom het
uit Kittiër-land.