God praat in die nag,
wanneer mense vas slaap,
Hy wys vir hulle dinge
wanneer hulle droom.
Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê,
Hy waarsku hulle, en hulle word bang.
Hy wil hê hulle moet ophou
om verkeerd te doen,
hulle moet ophou om hoogmoedig
te wees.
God wil keer
sodat 'n mens nie sterf nie,
Hy wil die mens red van die graf.